Polisie soek verdagte plaaseienaar na skietery

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Die polisie het ‘n soektog geloods nadat ‘n plaaseienaar van Roossenekal na bewering Vrydagmiddag omstreeks 14:00 op drie persone op sy plaas geskiet het.

Brig. Hlulani Mashaba sê na bewering het drie persone op die plaas gestap toe die eienaar en ‘n insittende glo teen ‘n hoë snelheid in ‘n bakkie na hul aangejaag gekom het.

Die plaaseienaar het glo uit die bakkie gespring en die drie persone van diefstal op sy plaas beskuldig. Hy het glo ‘n vuurwapen te voorskyn gebring, waarna die drie, wat te voet was, in verskillende rigtings gehardloop het. Skote is glo geskiet, waarna een van die vlugtendes sy been gebreek het. Hy kon glo sy broer vir hulp kontak, wat met aankoms gesien het sy vlugtende broer is beseer. Die plaaseienaar is glo met die bakkie verby hulle sonder om hulp aan te bied.

Die polisie en nooddienste kon ontbied word, waarna die beseerde man vir hulp na ‘n mediese fasiliteit geneem is.

Mashaba sê een patroondoppie is op die toneel opgetel en drie sake van poging tot moord is geregistreer, wat nou ondersoek word.

Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie, maar die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting wat die polisie met die ondersoek kan help, kan kapt. Jack Makua by 082 565 7136 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel