‘Daggahandelaar tydens poging tot roof geskiet’

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Beweerde daggahandelaar (47) is Vrydagaand verskeie kere tydens ‘n beweerde poging tot roof in Ntombe raakgeskiet.

Reaction Unit South Africa sê hulle het omstreeks 22:07 op die toneel aangekom.

Daar is vasgestel die gewonde man verkoop na bewering dagga en alkohol. Vier onbekende mans het glo by die huis aangekom en toegang geëis. Nadat die slagoffer glo geweier het om die sekuriteitshek oop te maak, is daar lukraak drie skote in sy rigting geskiet.

Hy is twee keer in die rug en een keer in sy linkerhand getref.

Die verdagtes het van die toneel gevlug. Daar word geglo hulle het die voorneme gehad om die gewonde man te beroof.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel