KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, het Saterdagoggend omstreeks 04:00 ‘n grudood gesterf toe hy deur ‘n goederetrein in Rockford getref is.
Reaction Unit South Africa sê nadat daar nie suksesvol mediese hulp vir die man verkry kon word nie, is hulle omstreeks 07:37 vir hulp deur ‘n private sekuriteitsmaatskappy gekontak.
Paramedici wat na die toneel gestuur is, het die slagoffer met aankoms dood verklaar. Die man het verskeie kopbeserings en beserings aan sy regterknie tot by sy enkel opgedoen en sy regtervoet is afgeruk.
Omstanders het aan reaksiebeamptes vertel die oorledene is glo ‘n bekende dwelmgebruiker van die area.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



