NOORD-KAAP. – ‘n Man (35) is in die Warrenton-streekshof direk tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy vir die statutêre verkragting van ‘n meisie (12) skuldig bevind is.
Sers. Molefi Shemane sê die vonnis volg nadat die departement van maatskaplike ontwikkeling gedurende September 2020 van die voorval bewus geword het en dit aan die polisie gerapporteer het.
Die man is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam is in die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring. Hy sal verder ook nie met kinders kan werk nie.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



