Kyk: Klein Kwagga en Bernice West tree saam op

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Klein Kwagga, oftewel Dircko Jansen van Niewenhuizen, en Bernice West, die Lyfie-sangeres, het vir die eerste keer saam in Kaapstad, opgetree.

Klein Kwagga het bekend geraak toe hy op die Lyfie-liedjie by ‘n skoolkonsert gedans en sy danspassies Suid-Afrikaners behoorlik bekoor het. Die video is wyd en syd gedeel, gekyk en geniet.

Dircko het oornag ‘n bekende huishoudelike naam geword. Hy vermaak toeskouers sonder om te blik of te bloos met selfvertroue en steel harte so ver hy gaan.

Van Boerboel tot Burre Burger en ander groot name het vir hom geskenke gestuur en hy moes selfs radio-onderhoude toestaan. Tydens sy nuutgevonde roem het hy boonop van sy gunstelingsangsterre ontmoet. As spesiale gas by AIG 2023 het hy self die Web-Ellis-trofee vasgehou en kon dit deur die skare begelei terwyl hy met bekende en geliefde sangsterre skouers skuur.

In ‘n sosialemediaplasing sê West hulle het by die Blitzboks-sewesrugby opgetree.

Lees West se plasing hier onder:

Ek en Klein Kwagga het officially ons heel eerste live performance saam by die Blitzboks sevens rugby gehad in Kaapstad!

Hoe lekker was hierdie nie net nie🕺🏼💃🏼

Bron: Klein Kwagga en Bernice West

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel