GAUTENG. – Hildegard Antoinette Steenkamp (50) is Vrydag deur die Palm Ridge- kommersiële misdaadhof op 336 klagtes van bedrog, wat meer as R500 miljoen beloop, effektief tot 50 jaar tronkstraf gevonnis.
Kol. Katlego Mogale van die polisie se Valke sê Steenkamp het die misdade sedert 2017 teen haar werknemer, Medtronic, in Midrand gepleeg toe sy daar as rekenmeester gewerk het.
Mogale sê die ondersoek het drie maande geduur. Daar is met deursoekingslasbriewe op die beskuldigde se huis toegeslaan. Sy het 11 luuksevoertuie, motorfietse en sewe onroerende eiendomme gehad.
Mogale sê sy het glo betalings gedupliseer en het kontant in haar oorlede man se bankrekening inbetaal.
Steenkamp het na verskeie hofverskynings op 336 klagtes skuldig gepleit
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



