Boer Soek ‘n Vrou Seisoen 15-paartjie trou

Deel hierdie storie / Share this story

Hennie de Villiers en Eloïse van Heerden, deelnemers van seisoen 15 van die gewilde Boer Soek ’n Vrou – kykNET TV-realiteitsreeks, het stralend aan mekaar trou beloof.

Marciel Hopkins het ‘n foto op sosiale media gedeel en gesê die paartjie het die knoop deurgehak.

“Daar het julle dit nou, die eerste amptelike paartjie van Seisoen 15 van Boer Soek ’n Vrou het die knoop deurgehak! 😍🥂

Sy het die paartjie geluk toegewens en gesê daar word nou op Louis en Rachie en Francois en Vanessa se troues gewag.

Bron: Marciel Hopkins

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel