Groot seemonster in Dorset-seekranse ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

ENGELAND. – Die skedel van ’n massiewe seemonster is uit die kranse van Dorset se Jurassic-kus onttrek.

Dit behoort aan ’n pliosaurus, ’n verwoestende mariene reptiel wat die oseane sowat 150 miljoen jaar gelede geterroriseer het.

Die 2 m-lange fossiel is een van die mees volledige eksemplare van sy soort wat ooit ontdek is en verskaf nuwe insigte oor hierdie antieke roofdier. ’n Spesiale David Attenborough-program sal op Nuwejaarsdag op BBC One uitgesaai word waarin die skedel sal verskyn.

Steve Etchess, paleontoloog, sê dat die kake van die fossiel langer as die meeste mense is.

’n Hommeltuig het ’n area in die Dorset-kranse geïdentifiseer waar die res van die roofdier se bene moontlik is. Al probleem is die kwesbaarheid van die rotse en die ontoeganklikheid van daardie gebied.

Bronne: BBC, Science News