NELSPRUIT. – Mediese nooddienste is Vrydag om 16:50 na ’n ongelukstoneel op die R37 Long Tom-pas ontbied.
Met hulle aankoms op die toneel het hulle ’n luukse 60-sitplek bus gevind wat teen die kranskant van die bergpas af is. Reddingspersoneel is af na die wrak en beseerdes is terug na bo gebring.
Drie passasiers was in ‘n kritiese ‘n toestand en is per Netcare 911-helikopter hospitaal toe vervoer.
’n Totaal van 52 pendelaars het beserings, wat tussen gering en erg wissel, opgedoen. Sewe mense het egter noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en sal deel van ’n polisieondersoek vorm.
Bronne: Emer-G-Med, Facebook



