Jou kind druip die skooljaar. Wat nou?

Deel hierdie storie / Share this story

Dit is weer daardie tyd van die jaar: rapportetyd. Vir party kinders is dit iets om na uit te sien, maar ander se wêrelde tuimel inmekaar.

Ouers wonder dan of hulle genoeg ondersteuning vir hulle kinders gebied het. Kinders kry skaam omdat vriende tot die volgende graad vorder en hulle moet agterbly.

Daar moet gekeer word dat so ‘n kind ophou om skool toe te gaan. Hulle moet ook tyd kry om depressief te wees en te treur.

Verder kan ouers op die positiewe fokus en die kinders herinner dat hulle die volgende jaar reeds ’n voorsprong met die werk sal hê. Ouers sal die kind moet aanmoedig om toegewyde vriende te kies en om meer aandag aan die akademie te gee.

’n Goeie begin sal wees om ondersoek in te stel na waarom die kind gedruip het. Ouers moet ook die verantwoordelikheid neem om gereeld die kind se huiswerk na te gaan.

Die belangrikste is dat die kind weet die ouers is daar en gee om.

Bronne: Bona, Empowering Parents