Destydse minderjarige verkragters van Jan Kempdorp kry agt jaar tronkstraf

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die Hartswater-distrikshof het Adam Mtabogi (21) en Mcdonald Sewedi (22) ’n vonnis van agt jaar tronkstraf vir die verkragting van ’n vrou (52) in November 2016 opgelê.

Getuienis in die hof het aan die lig gebring dat die vrou by die stortingsterrein in Jan Kempdorp besig was om hout en items vir herwinning op te tel toe sy oorval is.

Die verdagtes was nog minderjarig tydens die voorval. Hulle het haar aangerand, met ‘n skerp voorwerp gesteek en herhaaldelik verkrag.

DNA is gebruik om hulle vas te trek. Hulle name sal in dienNasionale register vir seksoortreders aangeteken word. Verder is hulle onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit.

Bronne: SAPD, Twitter