UPINGTON. – Die SAPD in Upington versoek die gemeenskap se hulp om ’n vermiste man, Febian Fransman (27), op te spoor.
Febian is laas op Saterdag 2 Desember gesien toe hy sy ma by die werk gaan aflaai het.
’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat hy sy wit Audi A4 met registrasienommer DCK678NC, om 13:00 by Gordonia Motors met brandstof gaan volmaak het.
Enigiemand met inligting kan sers. Bahedile Nkwadipo by 082 495 4615 kontak of dit by die naaste polisiekantoor aanmeld.
Bronne: SAPD, Facebook, Twitter



