Peetpa gevonnis vir dogter (15) se verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

PARYS. – ’n Peetpa (50) is tot 14 jaar direkte gevangenisstraf vir die seksuele aanranding, verkragting en die seksuele voorbereiding (grooming) van sy peetdogter gevonnis.

In Februarie vanjaar het die peetma en -dogter saam na die polisiestasie gegaan en ’n klag na ’n reeks insidente gaan lê.

Die misbruik het in Januarie 2023 begin toe die peetma soggens vroeg gaan werk het. Nadat die peetdogter aanvanklik nee gesê het toe die verdagte haar vir die eerste keer onvanpas aangeraak het, het hy gedreig om haar seer te maak indien sy die peetma sou vertel.

Na die derde insident het die 15-jarige egter haar peetma gaan vertel en is hulle saam na die Tumahole-polisiestasie.

Sers. Bongani Zwai van die Tumahole-familiebeskermingseenheid het saam met mnr. Seviwe Molazkua, staatsaanklaer, gewerk om te verseker dat geregtigheid geskied.

Bronne: SAPD, Twitter