Gemeenskap val ma aan nadat baba in puttoilet ontdek word

Deel hierdie storie / Share this story

NELSPRUIT. – ’n Vrou (33) wat na bewering haar pasgebore baba in ’n puttoilet gegooi het om te sterf, het die dood net-net ontsnap.

Polisie in Calcutta is gister na ’n toneel uitgeroep waar ’n pasgebore baba in ’n reeds ontbindende stadium in ’n puttoilet in Hlangalezwe in Mkhuhlu gevind is.

Die gru-vonds is gemaak toe familielede hulle pa se eiendom gaan skoonmaak het. Omdat die baba reeds in ’n ontbinde stadium was, kon die geslag nie bepaal word nie.

Gemeenskapslede het die vrou, wat in daardie stadium op die eiendom was, genader omdat sy kort vantevore swanger was. Die vrou was nie meer swanger nie, maar sy kon ook nie haar baba wys nie.

Met die polisie se aankoms op die toneel was die vrou besig om hewig deur die gemeenskap aangerand te word. Sy is na die polisiestasie vir ondervraging geneem.

In hierdie stadium vermoed die polisie dat sy aan die kinderverwaarlosingsaak van die baba in die puttoilet verbind word.

Lt. genl. Semakaleng Daphney Mamamela, provinsiale kommissaris, sê dat vrouens wat ongewenste swangerskappe het, eerder hulle babas vir aanneming moet opgee.

Bronne: SAPD, Twitter