Rooi ligte met jou tiener se geestesgesondheid

Deel hierdie storie / Share this story

Tieners se geestesgesondheid kan met positiewe verhoudings bevorder word. Ouers se rol om tieners te ondersteun, staan sentraal binne hulle geestesgesondheid.

Soms merk ouers veranderinge in hul tieners se optrede en is onseker oor wat om te doen. Van die veranderinge is deel van die normale ontwikkelingsfases. Wanneer hierdie veranderinge egter te lank aanhou en met tieners se normale aktiwiteite inmeng, is dit belangrik om hulp te kry.

Indien ouers een of meer van die volgende tekens by hulle tieners opmerk, moet ’n dokter of sielkundige gekontak word:

  1. ’n Hartseergevoel en onttrekking van mense.
  2. Pogings om hulself skade aan te doen, praatjies of planne oor selfdood.
  3. Ervarings van skielike en oorweldigende angs vir geen rede wat lei tot hartkloppings.
  4. Betrokkenheid by rusies en ’n begeerte om ander skade aan te doen.
  5. ’n Ongesonde verhouding met kos soos te veel of te min eet.
  6. Intense vrese wat in die pad van daaglikse aktiwiteite staan.
  7. Onvermoë om te konsentreer of stil te sit.
  8. Die gebruik van dwelms of alkohol.
  9. Gereelde oormatige verandering in bui.
  10. Drastiese veranderinge in gedrag of persoonlikheid.

Dit is belangrik dat ouers vir hulle kinders wys dat hulle omgee. Al voel dit vir ouers asof hulle nie al die antwoorde het nie, moet die tieners weet dat hulle ouers bereid is om saam met hulle die pad te stap.

Bronne: UNICEF, Facebook