Moordenaar wat 11 skiet waarvan drie dood is, swaar gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Maholobela Tanki (39) is drie keer lewenslank en ‘n bykomende 142 jaar tronkstraf in die Polokwane-hooggeregshof opgelê vir misdade wat hy op 12 Oktober 2019 gepleeg het. Hy het op dié dag omstreeks 23:20 ‘n gewapende roof in ‘n taverne in Northam uitgevoer waartydens drie slagoffers gesterf en agt gewond is.

Brig. Hlulani Mashaba sê twee verdagtes, ‘n vrou (37), het staatsgetuie gewond, terwyl ‘n man (44) onskuldig bevind is.

Die hof het gehoor hoe die aangeklaagdes na die taverne is en geld van ‘n teller geëis het. Omstanders het betrokke geraak, waarna Tanki ‘n vuurwapen te voorskyn gebring en lukraak skote afgevuur het. Drie slagoffers is doodgeskiet en agt is gewond.

Die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld en sigarette van die toneel gevlug.

Sake van moord en poging tot moord is deur sers. Monako Dikobe ondersoek. Drie verdagtes is in hegtenis geneem en op ‘n ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie beslag gelê.

Tanki is drie keer lewenslank vir moord, 120 jaar vir agt pogings tot moord, 15 jaar vir gewapende roof, 5 jaar vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en twee jaar vir die besit van ongelisensieerde ammunisie gevonnis.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel