SUID-AFRIKA. – Die sanger Kurt Darren het vandag sy nuutste enkelsnit Hulle weet nie wat ons weet nie vrygestel. Dit is deur die musiekmaatskappy Sony Music uitgegee.
Kurt Darren het op sy Facebook-profiel vir Dricus “Stillnocks” du Plessis erkenning gegee. Du Plessis is verantwoordelik vir die “Hulle weet nie wat ons weet nie”-gesegde wat hy tydens ’n bokswedstryd kwytgeraak het. Hy is ’n gemengde gevegskunsvegter wat tans aan die “Ultimate Fighting Championship” deelneem.
Die gesegde het veral bekendheid onder die Springbokke se ondersteuners tydens die Wêreldrugbybeker -kampioenskappe bereik.
Kurt het 27 jaar gelede sy eerste album opgeneem en sedertdien Suid-Afrikaners se harte gewen.
Luister hier na die liedjie:
Die liedjie kan ook op Spotify en Apple Music geluister word.
Bronne: Sony Music, Facebook



