KYK: Vrou slaan taxibestuurder na ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Video waarin ‘n vrou ‘n taxibestuurder slaan en skop, word op sosiale media versprei.

Volgens IOL het die voorval Dinsdagoggend in Umhlanga, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

Die vrou, wat haar frustrasies oor die ongeluk op die taxibestuurder uithaal, is as Thuso Khumalo geïdentifiseer en het aan IOL gesê haar ma het aan die kant gesit waar die minibustaxi haar motor gestamp het. Haar voertuig het op ‘n sypaadjie beland en die wete wat haar ma kon oorkom, het haar laat reageer.

Die plasing het gemengde reaksie ontlok van diegene wat voel die bestuurder verdien die aanranding en ander wat voel dit is ongehoord en die situasie kon heel moontlik verder skeefgeloop het.

In die video kan gehoor word hoe sy aangemoedig word.

Bron: IOL en Twitter

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel