JOHANNESBURG, GAUTENG. – Die gehalte van water in die Noord-Kaap maak die minister van water en sanitasie baie bekommerd.
Senzo Mchuna het sy bekommernis oor die waterkwaliteit, bewaring van en aanvraag na water uitgespreek na ‘n Blue Drop-waterverslag na amper 10 jaar uitgereik is. Kommer bestaan veral ten opsigte van wateruitdagings in die Noord-Kaap.
‘n Kritiese toestand het tussen 2014 en 2023 ontstaan. Die Noord-Kaap word van al die provinsies bestempel as die ergste geraak. Vanaf 2014 het die provinsie van 48% na 87% versleg. Die kook van drinkwater word nou aanbeveel.
“The Northern Cape has the highest percentage of drinking water systems with poor or critical performance. Since 2014, this has increased from 48% to 87%.”
“Northern Cape authorities, part of those directly assessed, came out worst and we are very worried. It is a challenge that we need to live up to and overcome.”
https://ws.dws.gov.za/IRIS/releases/BDWR.pdf
Bron: EWN en Blue Drop Water Report
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



