LIMPOPO. – ‘n Seremonie vir “heling en skoonmaak” word vanoggend langs die N1 Noord naby Mekete Lodge en daarna by die N1 Suid langs die Shell Ultra City-vulstasie deur die provinsiale kommissaris van die polisie, ander rolspelers en verskeie geloofsorganisasies gehou.
Brig. Hlulani Mashaba sê die seremonie vind plaas as deel van die soeke na Goddelike beskerming vir die veiligheid van padgebruikers gedurende die feestyd.
Die provinsie het reeds verskeie noodlottige ongelukke met sterftes aangeteken. Hierdie ongelukke is deur roekelose en nalatige bestuur gekenmerk. Dit sluit onveilige verbysteek, spoed, dronkbestuur en verontagsaming van padverkeersreëls in.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



