Twee beseer toe voertuig in restaurant inploeg

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Twee persone is Maandag beseer nadat ‘n BMW in ‘n restaurant in Ballito ingeploeg het.

IPSS Medical Rescue sê die voorval is verskeie kere aangemeld.

Met aankoms op die toneel is vasgestel die bestuurder van die voertuig het na bewering meganiese probleme met die voertuig ondervind. Dit het glo skielik versnel en in die restaurant ingejaag.

Twee persone het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Paramedici het hulle geassesseer en vir verdere mediese hulp na ‘n nabygeleë fasiliteit vervoer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel