KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte man (39) is Sondagmiddag in Oakford by ‘n kerk beseer toe hy op heter daad betrap is en van ‘n dak so hoog soos ‘n tweede vloer gespring het om inhegtenisneming vry te spring.
Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep vir hulp is ontvang. Met aankoms op die toneel is die beseerde verdagte aangetref. Hy was glo besig om metaalplaat en koperpype van die kloktoring van ‘n kerk te steel toe die opsigter hom raaksien. Die verdagte wou vlug en het teen die kerktoring afgeklim en van die dak gespring.
Met die sprong het hy frakture aan sy linkerbeen en regterenkel opgedoen. Hy is onder polisiebewaking vir mediese hulp geneem.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



