KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n man is Maandag in ‘n oop veld tussen Pietrivier en Chubbies Garage ontdek waar dit in ‘n oop veld aan ‘n boom vas was.
Reaction Unit South Africa sê ‘n lid van die publiek het die liggaam opgemerk en hulle gebel.
Die man was in ‘n staande posisie teen die boomstam. ‘n Gordel was om sy nek en aan die boom vas. Hy was kaal, met sy klere langs hom. Hy het beserings aan sy linkerfemur en snymerke aan beide gewrigte gehad.
Ondersoek word ingestel om te bepaal of hy vermoor is en of hy selfdood gepleeg het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



