Verbygangers vang beweerde verkragter

Deel hierdie storie / Share this story

NELSPRUIT. – ’n Beweerde verkragter (51) het Maandag in die Bushbuckridge-hof verskyn omdat hy glo ’n 31-jarige vrou vroeg Vrydagoggend in Violetbank, Bushbuckridge verkrag het.

Die slagoffer was op pad huis toe vanaf ’n taverne via die R40-roete toe sy van agteraf oorval is. Sy is na nabygeleë bosse gesleep en na bewering deur die verdagte verkrag.

Nadat die slagoffer deur die verdagte laat gaan is, het sy die aandag van ’n verbygaande Toyota Quantum getrek. Die insittendes van die voertuig het dadelik die verdagte agternagesit en gevang. Daarna is hy na die polisiestasie geneem en in hegtenis geneem.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale kommissaris van Mpumalanga SAPD, het die verbygangers bedank dat hulle nie die reg in eie hande geneem het nie, maar eerder die verdagte na die polisiestasie geneem het.

Sy het bygevoeg dat dit tragies is dat die voorval tydens die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog gebeur het.

Bronne: SAPD, Facebook