Identikidz-projek help weer om kinders op strande te beveilig

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die Identikidz-projek wat in 2016 begin is, gaan weer hierdie jaar tydens die Desembervakansie ingestel word.

Strandgangers kan tydens die vakansie gerus wees oor hul kinders se veiligheid op van die besigste Kaapstadse strande. Ontplooiing van die projek sal middel Desember begin – gereed vir die hoogtepunt van die feestyd.

Hierdie projek behels dat kinders op die strand ’n armbandjie kry waarop hulle versorgers se besonderhede is. Indien ’n kind van hulle familie geskei word, kan reaksielede die kontakbesonderhede gebruik om hulle te herenig.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling en vroeë kinderontwikkeling bestuur hierdie projek. Hulle maan egter dat ouers primêr verantwoordelik is vir die veiligheid van hulle kinders.

Deelnemende strande is: Big Bay, Kampsbaai, Vishoek, Gordonsbaai, Harmony Park, Lagoon-strand, Melkbosstrand, Milnerton-strand, Mnandi, Monwabisi, Muizenberg, Seepunt, Silwerstroom, Strand, Strandfontein.

Die projek sal oor die volgende tydperke ingestel word:

15-17 Desember

23-26 Desember

30-31 Desember

1 Januarie

6-7 Januarie

13-14 Januarie

20-21 Januarie

Bronne: City of Cape Town, Twitter