⭕ IYMI ⭕
— EFF LIMPOPO (@EFF_Limpopo) November 29, 2023
The Leadership and ground forces of @EFFSouthAfrica Mopani came out in their numbers earlier today, outside Hoërskool Ben Forsster.
We reject any racism acts or utterances, and whenever raciscm raers it's ugly head, the EFF will be there to confront it. pic.twitter.com/ScQis3mWtR
After School is After School, The EFF at Hoerskool Ben Vorster, Racists must be dealt with, Infact that Family and the rest of Racists must be forced to leave this Country, Racism is taught. pic.twitter.com/5omKSi2EZJ
— TshidisoFeela🇿🇦🇵🇸🇷🇺 (@TshidisoFeela) November 29, 2023
LIMPOPO. – ‘n Video-opname waarin ‘n jong seun en meisie saam met Sonwabile D verskyn, word wyd en syd op sosiale media gedeel. In die TikTok-video kan daar duidelik gehoor word hoe die seun “EFF k*********” sê. Hy en die meisie lag en dan gaan die skerm dood.
Die identiteit van die seun en sy naam, ma se naam en skool is ook op TikTok gedeel.
Na die gr.-9 leerder van Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen se uitlating het die EFF Woensdag in protes na die skool opgeruk. Die opmerking is egter in ‘n privaat hoedanigheid gemaak en die skool word nie in die video geïdentifiseer nie.
In ‘n omsendbrief aan ouers het die skool gesê gesprekvoering met die onderwysdepartement en belanghebbendes het reeds plaasgevind en eksamens by die skool sal soos normaal volgens die rooster voortgaan.
Die skool se beheerliggaam het in ‘n mediavrystelling gesê die uitlating van die seun word ten sterkste veroordeel.
“Die beheerliggaam keur die voorval ten sterkste af. Dit is in direkte kontras met die waardes van die skool en weerspieël hoegenaamd nie die kultuur van inklusiwiteit wat by die skool gekweek word nie.”
Volgens die verklaring ‘n gesprek met die seun en sy ouers reeds plaasgevind en die seun het berou oor sy optrede. ‘n Ondersoek ingevolge dissiplinêre beleid is ingestel.


Bron: @sonwabiled TikTok en Hoërskool Ben Vorster
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



