Mdumiseni Khetha Zuma (36), ‘n aanhitser van die Julie 2021-onrus, wat in Gauteng en KZN geheers het, is vir 12 jaar tronk toe gestuur. Die onrus het meer as 300 mense se lewens gekos en skade van miljarde rande aan eiendom aangerig.
Lirandzu Themba, woordvoerder van polisieminister Bheki Cele, sê die minister prys die ondersoekwerk wat tot die vonnis gelei het.
Die aanhitser is gister vir sy aandeel in die onrus in die Pietermaritzburg-streekshof gevonnis.
Zuma het ‘n uitlokkende videoboodskap wat mense aangehits het om bymekaar te kom en openbare geweld te pleeg, op WhatsApp gedeel. Sy boodskap het die Brookside Mall geteiken. Tydens onrus wat ná die WhatsApp uitgebreek het, is die winkelsentrum geplunder en tot op die grond afgebrand wat duisende mense nadelig geraak het.
“The detective work gives us hope that the outstanding suspects will receive similar fate especially with the escalated charges for instigators and this sentence clearly illustrates that the long arm of the law will not be selective nor will it be kind” het Cele gesê.
Die polisie se ondersoek van misdade tydens die onrus duur voort en sê die inhegtenisneming van nog verdagtes is nie uitgesluit nie.
Bron: SAPD Minister Woordvoerder
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



