WES-KAAP. – ‘n Man (39) is Saterdagoggend vroeg omstreeks 03:10 op Buffalo Drift-plaas naby Saron deur beweerde huisrowers oorval, aangerand en vasgebind.
Kapt. Frederick van Wyk sê die drie onbekende verdagtes is steeds op vrye voet.
Die Saron-polisie ondersoek ‘n saak van huisroof.
Na bewering het die man geslaap toe hy oorval is. Die drie verdagtes het glo vir ‘n kluissleutel gevra, wat die slagoffer nie oorhandig het nie. Die booswigte het glo self sonder sukses gepoog om twee kluise oop te sluit. Terwyl die verdagtes met die kluise besig was, kon die slagoffer vlug om hulp te ontbied. Hy is vir mediese behandeling na Paarl-hospitaal geneem.
Misdaadtoneeldeskundiges van PKRS was op die toneel om vir leidrade te fynkam.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



