Werker ernstig beseer toe hy kind teen honde beskerm

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Werker by ‘n skool in Gordonstraat, Windermere is Dinsdagoggend ernstig beseer toe hy ‘n kind wat buite die skool deur honde aangeval is, probeer beskerm het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê paramedici het omstreeks 07:00 verskeie oproepe oor ‘n honde-aanval ontvang.

Met aankoms op die toneel was die SAPD teenwoordig. Paramedici is na die beseerde man met verskeie ernstige bytmerke aan sy liggaam geneem. Hy is gestabiliseer voordat hy vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal gehaas is.

‘n Jong kind wat ook beseer is, is behandel en na ‘n hospitaal geneem.

“It is alleged that a lady and child were walking towards the school when the Pitbull ran out of a nearby house and went to attack the child. The man, a worker from the school, shielded the child from the dog, thus possibly saving her life.”

Volgens Jamieson het die SAPD die honde hanteer en is besig met ‘n ondersoek.

Bron: ALS Paramedics.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel