Lees ook: Ramokgopa sê minder beurtkrag beplan vir Desember
Eskom het gister weer fase 6-beurtkrag aangekondig vir die res van die week. Fase 6-beurtkrag sal saans ingestel word van 20:00 tot 05:00.
Deur die dag sal fase 4-beurtkrag geld vanaf 05:00 tot 20:00. Die patroon sal herhaal tot Saterdagoggend wanneer ’n nuwe skedule moontlik aangekondig sal word.
Eskom het gesê fase 6-beurtkrag is ingestel om noodreserwes op te bou en dat enige veranderings aangekondig sal word.
Bronne: BusinessTech, IOL, The Citizen



