Ramokgopa sê minder beurtkrag beplan vir Desember

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Fase 3- en 4-beurtkrag vir die week beplan

Die elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, het gesê daar word minder beurtkrag vir Desember beplan. Hy het ook gesê daar sal dae wees wat beurtkrag glad nie ingestel word nie.

Ramokgopa het gesê daar is geen rede tot kommer oor hoër beurtkragfases tydens die feestyd nie, want daar word verwag dat minder elektrisiteit gebruik gaan word.

Hy het ook gesê van die kragopwekkingseenhede sal die week weer aan wees, wat meer opwekkingskapasiteit sal beteken.

Bronne: EWN, IOL, SABC

Lees ook: Fase 3- en 4-beurtkrag vir die week beplan