Vrou wat glo familie vermoor vir versekering bly in aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vrou wat glo niggie vermoor vir versekering doen aansoek om borg

MAHIKENG. – Die borgaansoek van die vrou wat glo haar familielede vir versekeringsgeld vermoor het, is uitgestel.

Agnes Setshwantsho (49) het Vrydag in die hof verskyn op aanklagtes van moord, bedrog en regsverydeling. Sy het onskuldig gepleit op alle aanklagtes teen haar.

Setshwantsho se regspan het Vrydag aan die hof gesê sy het hoë cholesterol en tipe 2-diabetes en kon nie haar insulieninspuitings neem vandat sy in hegtenis geneem is nie. Daar is ook twyfel of die gevangenis haar medikasie korrek kan berg.

Setshwantsho is in hegtenis geneem na haar niggie oorlede is en sy twee keer lewensversekering geëis het. Haar man, seun en twee dogters is ook oorlede na sy versekering op hulle lewens uitgeneem het.

Die borgaansoek is tot 6 Desember uitgestel.

Bronne: The Citizen, IOL, SABC

Lees ook: Vrou wat glo niggie vermoor vir versekering doen aansoek om borg