Lees ook: Vrou vermoor vreemdeling ‘uit nuuskierigheid’
Die elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, het gister tydens ’n persverklaring gesê beurtkrag sal verminder word van fase 6 na fase 4 en fase 3.
Fase 3-beurtkrag sal die week tussen Maandag en Vrydag vanaf 05:00 tot 16:00 ingestel word waarna dit fase 4-beurtkrag sal wees tussen 16:00 en 05:00.
Ramokgopa het ook gesê daar is geen beurtkrag beplan deur die dag vir Saterdag en Sondag nie, maar dat laer vlakke van beurtkrag saans ingestel word.
Eskom het gesê hulle sal die situasie monitor en enige veranderinge sal aangekondig word.
Bronne: IOL, The Citizen, Engineering News



