Vrou vermoor vreemdeling ‘uit nuuskierigheid’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vrou in hof wat glo familie vermoor vir versekeringsgeld

SUID-KOREA. – ’n Vrou (23) in Suid-Korea is lewenslange tronkstraf opgelê na sy ’n vreemdeling “uit nuuskierigheid” vermoor het.

Jung YOO-jung het ’n fiksasie oor misdaadprogramme en boeke en het besluit om iemand “uit nuuskierigheid” te vermoor.

Sy het ’n opvoedingstoep gebruik om ’n slagoffer te kies. Sy het meer as 50 mense gekontak, meestal vrouens, en gevra of hulle lesse by hulle huise gee.

In Mei het Jung die slagoffer (26) gekies deur haar as ’n ma van ’n hoërskoolleerling wat Engels-lesse nodig het, voor te gee. Sy het in ’n skooluniform by die slagoffer se huis opgedaag en het die vrou meer as 100 keer gesteek. Jung het die vrou se liggaam opgekap en ’n taxi gebruik om van die liggaamsdele naby ’n rivier weg te gooi.

Die taxibestuurder het die polisie geskakel oor ’n kliënt wat ’n bloederige tas in ‘n woud weggegooi het. Jung het eers vir die polisie gesê sy het die liggaam geskuif na iemand anders die vrou doodgemaak het en toe het sy weer gesê sy het die vrou na ’n argument doodgemaak. Sy het op die ou end erken sy het haar vermoor “uit nuuskierigheid” oor haar belangstelling in misdaadprogramme op televisie.

Bronne: BBC, NY Post, The Korea Times

Lees ook: Vrou in hof wat glo familie vermoor vir versekeringsgeld