Vrou in hof wat glo familie vermoor vir versekeringsgeld

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Rosemary Ndlovu weer in hof vir sameswering om moord te pleeg

MMABATHO, NOORD-WES.- ’n Vrou (49) is Donderdag in Pretoria in hegtenis geneem vir moord, bedrog en regsverydeling.

 Agnes Segomotsi Setshwantsho is in hegtenis geneem op die vermoede dat sy haar familielede vir versekeringsgeld doodgemaak het. Sy het gister haar eerste verskyning in die Mmabatho-landdroshof gemaak.

Seshwantsho se kleinniggie, Bonolo Modiseemang (30), is op 14 Augustus 2022 oorlede. Daar is eers gedink haar dood was weens natuurlike oorsake. Na haar liggaam opgegrawe is, is bevind sy was vergiftig na Seshwantsho by haar huis was.

Seshwantsho het na Modiseemang se dood gesê sy is dood aan natuurlike oorsake, waarna sy twee keer geld by ’n versekeringsmaatskappy geëis het.

Setshwantsho is ook verbind aan die dood van haar man in 2016, haar seun, dood in Julie 2023 en haar dogters, dood in 2005 en 2015.

Dit word beweer Setshwantsho het hulle doodgemaak om geld by lewensversekeringmaatskappye te eis na sy polisse in die oorledenes se name uitgeneem het.

Haar saak is tot 24 November vir ’n formele borgaansoek uitgestel.

Bronne: OFM, IOL News24

Lees ook: Rosemary Ndlovu weer in hof vir sameswering om moord te pleeg