Rosemary Ndlovu weer in hof vir sameswering om moord te pleeg

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nomia Rosemary Ndlovu betrap met selfoon in tronk

Rosemary Ndlovu, reeksmoordenaar en voormalige polisiebeampte, is vandag weer in die Kemptonpark-landdroshof op aanklagtes dat sy en haar kollega saamgesweer het om haar kollega se man te vermoor.

Die saak is verlede week uitgestel weens die gesondheid van Ndlovu se medepligtige, Nomsa Mudau. Regter Mudau het gister sy getuienis in die hof gegee. Die huurmoordenaars het hom glo gewaarsku dat hulle gestuur is om hom te vermoor.

Rosemary Ndlovu dien reeds ses lewenslange tronkstrafvonnisse uit in die Kgosi Mampuru- korrektiewe sentrum vir die moorde op haar familielede en kêrel vir lewensversekeringuitbetalings.

Ndlovu is vroeër die week met ’n selfoon in die tronk betrap en is aangekla van die oortreding van die wet op korrektiewe dienste.

Bronne: EWN, The Africa, Head Topics, IOL

Lees ook: Nomia Rosemary Ndlovu betrap met selfoon in tronk