Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die reeksmoordenaar Nomia Rosemary Ndlovu is aangekla van die oortreding van die Wet op Korrektiewe Dienste na sy met ’n selfoon in die tronk betrap is.
Die departement van korrektiewe dienste sal Nomia Rosemary Ndlovu intern aankla. Sy sal in die tronk kragtens die wet gestraf word.
Ndlovu het tussen 2012 en 2018 verskeie familielede vermoor en omtrent R1.4 miljoen se uitbetaling in lewensversekeringspolisse ontvang. Sy dien tans ses lewenslange tronkstrafvonnisse uit.
Sy sal die week weer in die hof verskyn op aanklagte dat sy en haar voormalige kollega Nomsa Mudau gekonkel het om Justice Mudau te vermoor. Hulle het glo huurmoordenaars R80 000 betaal om Justice te vermoor en het gesê hulle sal die res betaal na hulle die versekeringgeld het.
Die huurmoordenaars het glo vir Justice gesê hulle is aangestel om hom te vermoor. Ndlovu en Mudau het albei onskuldig gepleit op die aanklagtes teen hulle.
Bronne: IOL, eNCA, SABC
Lees ook: Nomia Rosemary Ndlovu weer in die hof



