Franna Benadé, eens op ‘n tyd deel van die sangpaar Innes en Franna Benadé, het trots ‘n sosialemediaplasing van sy seun Riaan Benadé, gewilde sanger van Coleske Artist Management en Afrikaans is Groot, gemaak.
Dit volg nadat Riaan Benadé die geleentheid gekry het om die Bruce Springsteen-treffer I’m On Fire saam met Ian Munsick van Nashville op te neem. Benadé sê hy pryk nou op ‘n advertensiebord in Nashville in die VSA. “So, blykbaar is my gesig nou op ‘n billboard in Nashville…
ek weet nie meer wat aangaan nie. Ek het nie woorde nie.”
Pa Franna het die plasing gedeel en gesê: “Hey, my seun!! Trots op jou ou grote!! JY IS GESEëND! In Amerika was daar nog nie so ‘n mooi jong man op ‘n billboard nie! Klappie Engels Riaan Benade, jy kan mos Afrikaans praat!”
FiND iT het voorheen soos volg berig:
Riaan Benadé, gewilde SA-sanger en liedjieskrywer, het nuus van samewerking met ‘n internasionale countrysanger op sosiale media gedeel. Hy is volgens sy plasing deur Spotify gekontak om saam met Ian Munsick, ‘n internasionale countrysanger en skrywer van Nashville, te werk.
Benadé sê voorts hy het kennis geneem hy is die eerste SA-sanger wat ‘n liedjie het wat op internasionale Spotify vrygestel is.
Die Rowwe Bl*ks*m-sanger, wat met vele treffers spog, sê hy is bevoorreg omdat Munsick ‘n uitmuntende skrywer en sanger is.
Bron: Franna Benadé en Riaan Benadé
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



