Indiese myners uiteindelik vry

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Indiese werkers amper vry na ‘rotmyners’ ingebring is

INDIЁ. – Die 41 Indiese werkers wat sedert 12 November in ’n tonnel vasgekeer was, is gisteraand uiteindelik bevry.

Al 41 werkers is veilig en herstel in die hospitaal. Die werkers is deur ’n pyp van 57 meter bevry en op draagbare beddens uitgedra.

Die werkers is op 12 November in die tonnel vasgekeer na ’n grondverskuiwing ’n deel van die tonnel laat instort het.

Reddingswerkers moes “rotmyners”, mense wat spesialiseer om met hulle hande te grawe, inbring na die boor Vrydag vir die hoeveelste maal gebreek het.

Bronne: DW – South Africa, South China Morning Post, ABC News

Lees ook: Indiese werkers amper vry na ‘rotmyners’ ingebring is