Lees ook: Indiese werkers steeds in tonnel vasgekeer
INDIЁ. – Indiese owerhede het gesê die Indiese werkers wat in ’n tonnel vasgekeer is, is amper vry. “Rotmyners”, mense wat spesialiseer in boor met hulle hande, is ingebring en kon genoeg vordering maak om by die werkers te kom.
’n Mediese span wag in die tonnel vir die werkers wat onmiddellike aandag nodig het en 41 ambulanse wag om hulle na die hospitaal te neem.
Die mans is al sedert 12 November vasgekeer in die tonnel na ’n grondverskuiwing.
Bronne: Sky News, DW – South Africa, The Independent



