Tuinier in hegtenis na moord op ma en seun

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ma en seun vermoor, verdagte in hegtenis

ALBERTON. – Die polisie het ’n tuinier in hegtenis geneem na ’n ma en seun (6) gister in hulle woning in Alberton vermoor is.

Die huiseienaar het glo by die huis aangekom en is deur sy tuinier met ’n byl aangeval. Die man het ’n sekuriteitswag in die hande gekry wat die tuinier vasgetrek het.

Die man het glo by die huis ingegaan en op die liggame van sy seun en vrou afgekom.

Die polisie het die tuinier in hegtenis geneem en van moord aangekla. Die rede vir die moorde is onbekend.

Die verdagte sal môre in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

Bronne: SAPS

Lees ook: Ma en seun vermoor, verdagte in hegtenis