Ma en seun vermoor, verdagte in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisie ondersoek moord op vier familielede

ALBERTON. – ’n Ma en seun (6) is gisteraand in Alberton vermoor. Die Alberton-polisie het ‘n verdagte vir die moorde in hegtenis geneem.

Die polisie is na ’n huis in Langenhovenstraat oor ’n inbraak ontbied. Hulle het volgens Swisher Post die ma en seun se liggame gevind waar hulle met ’n byl doodgekap is. Volgens Swisher Post was die moorde as gevolg van ’n inbraak wat verkeerd gegaan het.

Die polisie het nog nie ’n verklaring oor die inhegtenisneming vrygestel nie, maar het gevra mense moenie vals inligting versprei nie.

FiND iT het ‘n navraag vir meer inligting ingedien.

Bronne: Swisher Post, Facebook

Lees ook: Polisie ondersoek moord op vier familielede