Lees ook: Standard Bank sê dit was nie betrokke by rand se manipulasie nie
Altesaam 28 banke is daarvan beskuldig dat hulle die rand-dollar-wisselkoers tussen 2007 en 2013 gemanipuleer het. Standard Bank, Absa, Investec, Citibank, First Rand Bank, Barclays, Merrill Lynch, Nedbank en Standard Chartered is van die banke wat deur die Mededingingskommissie beskuldig word van die manipulasie van die rand.
Standard Bank se hoof het gesê die bewerings is vals en dat hulle geen bewyse gekry het van sodanige manipulasie nie. Hulle het ook gesê hulle gaan elke moontlike wetlike manier gebruik om hulle te verdedig.
Nedbank het ook die bewerings ontken en het ook gesê hulle sal hul verdedig. Hulle het wel gesê hulle sal hou by die uitkoms van die banke se appèl teen die Mededingingskommissie se reg om hulle aan te kla.
Die Nasionale Tesourie het gesê nog wette gaan ingestel word om seker te maak finansiële markte word regverdig en met integriteit bestuur.
Bronne: ECR, Jacaranda FM, The Citizen
Lees ook: Standard Bank sê dit was nie betrokke by rand se manipulasie nie



