Lees ook: Probleem met boor vertraag redding van Indiese mynwerkers
INDIЁ. – Die 41 werkers wat al sedert 12 November in ’n tonnel vasgekeer is, sal vir nog minstens vier dae ondergronds moet bly.
Nog ‘n boor wat gebruik word om by die werkers te probeer kom, het Vrydag gebreek en reddingswerkers kon eers Sondag nuwe onderdele kry.
Reddingswerkers is besig om aan alternatiewe opsies te dink om die werkers te red indien die poging om vertikaal te boor om by hulle te kom nie werk nie.
Indië se regering het gister gesê die werkers is veilig en ontvang mediese hulp van dokters en sielkundiges. Hulle kry ook kos, medisyne, vitamiene, vrugte en anti-depressante.
Die werkers is op 12 November in die tonnel vasgekeer na ’n grondverskuiwing veroorsaak het dat dit ingee.
Bronne: Mint, Gulf News, BBC
Lees ook: Probleem met boor vertraag redding van Indiese mynwerkers



