Probleem met boor vertraag redding van Indiese mynwerkers

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Indiese mynwerkers vir eerste keer in dae in video gesien

INDIЁ. – Probleme met die boormasjien wat gebruik word om die 41 Indiese werkers wat in ’n tonnel vasgekeer is te red, het weer die reddingspoging vertraag.

Die boor het gebreek toe daar slegs 12 meter tussen die mynwerkers en hulle redding oor was. Dit is moontlik dat die boorwerk vandag sal aangaan.

Die werkers is al sedert 12 November in die tonnel vasgekeer na ’n grondverskuiwing die tonnel laat ineenstort het.

Die mans sou gister gered kon word, maar ‘n stukkie metaal uit die puin het die boor gebreek voor hulle by die werkers kon uitkom. Altesaam 41 ambulanse is steeds op bystand vir wanneer die werkers bevry is.

Bronne: BBC, The Guardian, Mint

Lees ook: Indiese mynwerkers vir eerste keer in dae in video gesien