‘Onregmatige skyfievervaardigers’ en ‘onwettige immigrante’ in Sandton ontbloot

Deel hierdie storie / Share this story

SANDTON, Gauteng. – Persone wat vermoedelik onregmatig skyfies vervaardig en onwettige immigrante is Vrydag deur metropolisiebeamptes (JMPD) in Marlboro ontbloot.

Supt. Xolani Phila sê ‘n wit paneelwa met twee manlike insittendes is tydens ‘n stop-en-deursoekingsroetine in Zinna-rylaan gestop. Bokse met aartappelskyfies waarvan die adresse van die vervaardigers op die pakke verskil, is in die voertuig gevind. DIe SABS-merk is ook nie op die pakke gevind nie.

Offisiere het die twee mans na die vervaardigingsadres vergesel. Omgewingsgesondheidsinspekteurs is na die adres ontbied waar ontdek is die eienaar het nie ‘n vervaardigersertifikaat of engie ander relevante dokumente om ‘n besigheid te bedryf nie.

Binnelandse sake is gekontak en het sewe werknemers van die besigheid nagegaan en gevind hulle is onwettige immigrante. Hulle is by Bramley-polisiestasie aangehou.

Die besigheidseienaar word nog gesoek.

Bron: JMPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel