Beskuldigde wat 4-jarige verkrag en verwurg gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULUNATAL. – Songezo Mpulampula (22) is twee keer lewenslank tronk toe gestuur deur die Pietermaritzburg-hooggeregshof nadat hy vir die verkragting en moord op ‘n 4-jarige kind skuldig bevind is. Die kleuter het in dieselfde area as hy gebly.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die NVG, sê die hof het aangehoor hoe Mpulampula op die dag van die insident op pad by mense gestop het om kos te kry na hy by ‘n taverne gedrink het.

Daar het hy die kind na ‘n buitetoilet gelok waar hy haar verkrag en verwurg het. Hy het verder ‘n plastieksak wat op die vloer gelê het aan die brand gesteek en op die liggaam van die kleuter laat val.

Hy het van die misdaadtoneel gevlug, maar is ‘n paar dae later in hegtenis geneem.

Die oorlede kleuter se ma het in ‘n verklaring wat aan die hof voorgehou was gesê haar borrelende kind het nie verdien om so te sterf nie. Haar kind is die reg om te lewe ontneem. Sy sukkel om haar kind se dood te hanteer en bly terugflitse van die betrokke dag kry. Die ma, wat depressief was, moes ook na ‘n ander provinsie verhuis.

Die lewensvonnisse sal gelyktydig uitgedien word. Mpulampula is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die vonnis is deur die NVG in die 16 Dae van Aktivisme verwelkom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel