WES-KAAP. – Ntembeko Myalo, die man wat sy vrou, ‘n CPUT-student, met ‘n skerp voorwerp gesteek het, is vir psigiatriese waarneming verwys.
Eric Ntabazalila, die woordvoerder van die NVG in die Wes-Kaap, sê die man, wat van poging tot moord aangekla is, is Maandagoggend deur ‘n distriksgeneesheer ondersoek wat aanbeveel het hy moet vir ‘n periode van 30 dae in Valkenberg- psigiatriese hospitaal geëvalueer word. Myalo sal in aanhouding bly en elke 30 dae in die hof verskyn totdat ‘n verslag van die hospitaal aan die hof beskikbaar gestel kan word.
FiND iT het voorheen soos volg berig:
KAAPSTAD. – In video-opnames wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe ‘n man (30) ‘n vrou (26) Saterdagmiddag herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp in Belhar in ‘n wooneenheid vir studente steek.
Kapt. Frederick van Wyk sê die Belhar-polisie ondersoek die poging tot moord en wat aanleiding tot die voorval gegee het. Van Wyk sê die man is in hegtenis geneem en is tans onder polisiebewaking in die hospitaal. Die slagoffer is vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë fasiliteit geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



