WES-RAND, GAUTENG. – Vyf beweerde rowers wat van die agtervolging en roof van bankkliënte verdink is, is Maandagmiddag tydens ‘n oor-en-weer-skietery doodgeskiet. ‘n Vroulike verdagte is in hegtenis geneem. Die oor-en-weer-skietery tussen die rowers en verskeie wetstoepassers het op die N14 Ventersdorp-hoofweg uitgebreek.
Kol. Katlego Mogale sê volgens inligting wat ontvang is, was die verdagtes in ‘n silwergrys Toyota en wit VW Polo na bewering onderweg om ‘n roof in of naby Carletonville uit te voer.
Die verdagte voertuie is dopgehou. Nadat die verdagtes Carletonville in die voertuie verlaat het, is daar gepoog om hulle takties te stop. Die verdagtes het toe op die wetstoepassingsagentskapslede losgebrand.
Tydens die skietery is vyf verdagtes tussen die ouderdom van 25 en 35 noodlottig gewond.
Die verdagte voertuie is positief met drie sake op Groblersdal, Secunda en Hercules verbind.
Die ondersoek duur voort.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



