Kyk: Effense verligting van hitte voorspel, sekere plekke steeds 40°C

Deel hierdie storie / Share this story

Vox Weather voorspel temperature behoort van vandag af in sekere gebiede effens te daal, terwyl sekere gebiede van die Laeveld en Noord-Kaap steeds 40°C sal bereik.

Desirée Visagie Viljoen het gistermiddag ‘n foto op sosiale media gedeel van die 49°C wat om 17:00 deur haar voertuig in Kimberley gemeet is.

Johan Goosen in die noorde van Pretoria het ook die temperatuur van 41°C wat deur sy voertuig gemeet was, gedeel.

Vandag is dag 10 van ‘n hittegolf terwyl kudiges waarskuwings uitreik en voorstelle vir voorsormaatreëls in die hitte deel.

Waar effense verligting van die hittegolf voorspel is, word hoë seisoenale temperature steeds voorspel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel